Please click here to leave an anniversary message (in any language you choose). You do not need to be a member of Lowlands-L to do so. In fact, we would be more than thrilled to receive messages from anyone. Click here to read what others have written so far.
What’s with this “Wren” thing?
The oldest extant version of the fable
we
are presenting here appeared in 1913 in the first volume of a two-volume anthology
of Low
Saxon folktales (Plattdeutsche
Volksmärchen “Low German Folktales”)
collected by Wilhelm Wisser (1843–1935). Read
more ...
y
naam is Tomoki Minohara (gebore in 1982). Ek is gebore en woon in Nagasaki, ’n
distrik op die eiland Kyushu suidwestelik van Japan. My nuuskierigheid in vreemde
tale, veral Nederlands, is geprikkel deur die geskiedenis van Nagasaki. Gedurende
die tydperk van isolasie (1641–1853) was Nagasaki die enigste stad wat met sommige
Europese lande handel gedryf het. My stad was die sentrum van Nederlandse Studies
en die kennis van Nederlands is in Japan versprei. Vir die rede het ek ’n besondere
belangstelling in Nederlands.
Orandazaka
(“Holland-Helling”)
in Nagasaki
Ek is geïntereseerd in minderheidstale en ook dialekte. Tydens my studie aan
’n universiteit in Frankryk, het ek by ’n gastegesin saam met ’n student uit
Vlaandere gewoon. In daardie tyd het ek nie Nederlands geken nie maar het wel
algemene kennis oor die taalgebied van België, en hy het dikwels die verskille
tussen Nederlands en Vlaams aan my verduidelik. Dit was vir my lekker om na
sy telefoongesprekke met sy familie in Vlaams (’n dialek van sy streek) te
luister. Dit was ‘n wonderlike ervaring en ek het besluit om Nederlands te
leer.
Ek het ‘n passie vir tale. Sedert 1996 bestudeer ek hoofsaaklik Romaanse tale.
Ek praat Italiaans, Frans, Spaans, Gallies, Portugees en Katalaans. ’n Paar
jaar gelede het ek ’n lys van Engelse woorde van Latynse en Griekse herkoms
saamgestel, die etimologie en ’n vergelyking tussen Engels en die Romaanse
tale. In 2003 het ek Nederlands en Fries geleer. Ek het ’n belangstelling ook
in Duits, Laag-Saksies, Stellingwerfs en Afrikaans. Ek is bly om geleenthede
te hê om hierdie tale te gebruik.