Please
place your cursor (without clicking) onto any word to reveal its meaning.
Bitte den Cursor (ohne zu klicken) auf ein Wort legen, um die Bedeutung zu
sehen.
Kinders van die wind |
Ek ken ’n ou, ou liedjie
van lewenswel en wee,
van lang vergane skepe in
die kelders van die see. |
Die woorde is vergete
en tog die deuntjie draal,
soos vaag onthoude grepies uit
’n baie ou verhaal
|
van swerwers sonder rigting,
van soekers wat nooit vind,
en eindelik was almal maar
net kinders van die wind.
|
Gesigte, drome, name
is deur die welt verwaai
en waarheen al die woorde is
Sou net ’n kind kon raai.
|
Swerwers sonder rigting,
soekers wat nooit vind,
en eindelik was almal maar
net kinders van die wind. |
|
|